Hierdie naweek wat verby is was 'n interessante een. Ek weet al vir 'n rukkie dat ons Sondag aand na yshokkie sou gaan, maar dit was net so 'n gedagte. Ek het nie baie daarvan verwag nie en so het dit al my verwagtinge ongelooflik oortref.
Ek en die oom het vyfuur se kant losgevaar oppad na die tuisveld van die EC Hannover Indians. Ons het die stadion betree albei as yshokkie nuwelinge. Gelukkig het ons saam goeie vriende van die oom gegaan wat reuse ondersteuners is. Ons het 'n staanplek ingeneem en het gesien hoe die ys deur die manne platgevaar word en gesien hoe puks wat vlieg tydens die opwarming.
Die opwarming is gevolg met 'n kort vertoning van 'n klomp indiane wat op die ys rond skaats. Dit was nie lank tot die spel aangevang het. Net yshokkie als sport was alklaar vir my fantasties, maar dit was niks in vergelyking met die ongelooflike atmosfeer in die stadion nie. Die yskoue stadion is warm gesing deur ongeveer 2416 stemme. In yshokkie is daar drie speelperiodes van 20 minute elk. Tussen elke derde is daar 'n vyftien minute pouse. In een van die pouses het ek deelgeneem aan 'n spel waar jy probeer om 'n puk so na as moontlik aan die middel van die yskaatsbaan te gooi. Ek het ongelukkig nie gewen nie, maar vir 'n eerste keer was dit nie heeltemal te sleg nie.
In een van die ander pouses is my naam oor die luidspreker uitgeroep en is ek verwelkom by my eerste yshokkie wedstryd as 'n Suid-Afrikaner. Ek het nie gemerk hoe my gaspa weggesluip het om my naam in te gaan gee nie.
Die Hannover Indians het die wedstryd 6-0 gewen en aangesien ek tussen al die tuisondersteuners was, was dit (en die koue) asemrowend. Ek het gisteraand besluit dat ek meer van die yshokkie hou as die sokker. Eerstens word daar nie aangesit deur die yshokkie-spelers nie, die enigste drama wat daar in die wedstryd is, is wanner twee manne mekaar met die vuiste pak. Die spel is vinnig, grasieus en absoluut brutaal.
Dit het my verras hoe goed hierdie spelers oor die ys gly, soos 'n tweede natuur. Dit maak sin, aangesien mens as sesjarige moet begin. Die wedstryd het my so beïndruk al was dit in Duitsland se derde liga.
Die yshokkie was vir my een van die hoogtepunte van my verblyf hier in Duitsland en soos 'n kersie op die bienenstich
Die Vreemdeling
Monday, 21 December 2015
Friday, 18 December 2015
'n Besoek aan die Universiteit
My tyd begin nou hier stadig uitloop. Die vlug word al hoe nader en die dae wat al agter my lê oorweldig die minderheid in die toekoms. Ek was weer hierdie hele week in die skool gewees. Dit is nou daardie tyd van die jaar wat mens nie regtig iets in die skool doen nie, al die werk is afgehandel en dit maak nie sin om nou met 'n nuwe tema aan te vang nie. So ek het in hierdie week drie films in die skool gekyk.
In hierdie week het ek begin om 'n baie vreemde ding te ervaar: om afskeid te neem van die mense hier. 'n Hele paar van die mense hier het in hierdie tyd so bietjie in my hart ingekruip, maar dan is daar natuurlik mense wat mens hier leer ken wat nie 'n ongelooflike indruk op jou lewe maak nie. Op een of ander manier moet mens vir die mense almal "totsiens" of liewer net "baai" sê. Die realiteit is egter so dat ek baie van die mense wat hier leer ken het, heelmoontlik nooit weer gaan sien nie, en ek weet dit ook. Ek hoop egter regtig ek kan nog kontak hou met hierdie mense wat ek saamdra huistoe, in die klein stukkie van my hart waarop "Duitsland" geskryf staan.
Soos ek reeds gesê het, die tyd aan hierdie kant loop, en ek probeer elke moment wat ek nog hier in die verre noorde het benut. Ek was vandag in die Leibniz Universität Hannover. Die hoofgebou van hierdie universiteit word oorspronklik as 'n woning vir die koning gebou, 'n kasteel. As gevolg van hierdie rede is die Universiteit net deur hoe dit lyk alklaar asemrowend. Ek het so 'n knap toer deur die universiteit en spesifiek die fisika fakulteit gekry. Ek het by een van die verjaarsdagpartytjies van 'n kooorlid, 'n fisikus ontmoet, wat vir my hierdie ervaring aangebied het. Dit was ongelooflik gewees en dit was ook baie interessant om te sien wat hy elke dag daar maak. Hulle is tans besig om 'n atoom horlosie daar te ontwikkel en te verbeter, hy het vir my die laborotorium gewys, waar 'n gekonsentreerde lasarstraal deur 'n wolk atome, wat in 'n vakuum hang, gestuur word (Of iets in hierdie lyn ongeveer)
Dit is belewenisse soos hierdie wat ek dink mens nie op 'n toer deur Europa sou beleef het nie. Sondag het ek nog so 'n belewenis ervaar. Ek het Sondag saam die Knabenchor Hildesheim in die Michaelis Kirche gesing. Ons het ontrent die hele naweek gesing, maar die konsert Sondag was regtig iets besonders. Dit was ongelooflik om in so 'n pragtige kerk te kan sing, en dan boonop saam so 'n goeie koor. Die atmosfeer was eufories. Hildesheim as stad is bekend vir die onvasbare hoeveelheid kerke wat in so 'n klien area is. Dit is ook nie asof dit klein kerkies is nie.

Wednesday, 9 December 2015
'n Wonderlike Naweek, (Dag 58-60 ongeveer)
Ek het nou eintlik redelik baie tyd om te skryf, want ek is nou offisieel siek. Ek is nou al eintlik vir 'n week en 'n half siek, maar dit was nognie bevestig nie. Ek het toe gister 'n draai by die dokter gaan maak, so nou is ek afgeboek tot Vrydag. Volgends my geaardheid is ek egter baie stadig om te erken dat ek tyd het, want dan laat ek ruimte vir verveeldheid in, maar skryf moet daar geskryf word.
Soos ek reeds genoem het, was die naweek wat verby is werklik 'n ongelooflike ervaring. Ek is Saterdagaand na 'n sestistigste verjaarsdag partytjie uitgenooi. Dit is nou nie noodwendig die plek waar elke sestienjarige seun dink hy sy Saterdagaand wil spandeer nie, maar ek het mos gesê ek gaan nuwe goed probeer. Om na die verjaarsdag van 'n tannie, wat die ma van die dirigent van 'n koor is waarin my gaspa sing, te gaan is virseker iets nuuts vir my. Die koor (waarin ek nou vir hierdie tyd ook sing) het daar opgetree. Die optrede het 'n verskydenheid interessante liedere bevat, onder vele andere een waar ek in Lederhosen, met 'n halsdoek en 'n hoed met my Ukulele tussen die mense moes dans en sing. Al is 'n sestigste nie noodwendig die normale plek vir 'n sestienjarige seun nie, is ek definitief nie 'n normale sestienjarige seun nie (gelukkig is ek al bewus van hierdie feit)
In elk geval van hier af het die partytjie net lekkerder geword, ek het baie lekker met al die Duitse mense gepraat en gekuier. Toe my gaspa nege-uur sê hy moet huistoe, het ek half grapperig gevra: "Hoekom dan so vroeg?" Die tannie wie se verjaarsdag dit was het dit gehoor en net daar besluit ek slaap daar vir die aand. Ek was eerste stomgeslaan, want ek bedoel ek ken eintlik gladnie die mense nie. Die aand verder was in elk geval heerlik gewees, die mense is ongelooflik vriendelik en oulik met my. Ek het gevra dat hulle my die volgende oggend wakker maak en saam kerktoe vat. Dit het beteken dat ek drie uur in die bed en weer nege uur uit was, wat nie heeltemal onbillik is nie.
Die kerkdiens, was weer mooi gewees in die klein dorpskerkie. Duitsland wemel met die tema van advent en kersfees. Sondag was dan ook nog Nikolaus, 'n dag wat ons nie so sterk fier daar in die suide van die wêreld nie. Die tradisie is eintlik iets in die lyn van 'n vroeë kersfees. Die kinders moet hulle skoene poets en dan in die nag vir St. Nikolaus los. As jy soet was deur die jaar kry jy 'n skoen met lekkernye en klein geskenkies volgestop. Na die kerkdiens is ek voorgestel aan Samuel Steinert, wat saam sy ouers vir dertien jaar in Suid-Afrika gewoon het voor hulle terug na Duitsland getrek het. Dit is ongelooflik hoe klein die wêreld is, want hy was saam my nefie in die Duitse skool in Pretoria. Ek dink egter as dit in Suid-Afrika was sou ons nooit mekaar leer ken het nie, maar hier in 'n klein Duitse dorpie Sibbese het ons stories oor Suid-Afrika gedeel. Ek en hy het toe vir 'n uur na kerk kitaar gespeel en gesing, en toe is ek weer huistoe.
Daar is 'n paar keer wat mens net moet stop, staan en oorweeg: "Wat is die kanse?" En die antwoord wat dan in my kop in pop is gewoonlik asemrowend.

Sunday, 6 December 2015
Dag 57
Met elke deurtjie wat ek oop maak, word my asem weggeslaan. Die adventskalender soos 'n horlosie wat stadig die tyd af tel. Ek probeer dit ignoreer, dat dit nie in my gedagtes lol nie, maar elke Sondag as nog een van die kersies brand, besef ek dit is 'n realiteit: my tyd hier kom stadig maar al te seker tot 'n einde.
Ek het al weer 'n redelik tydjie laas voor die rekenaar gekom. Daar is nou so baie om te deel en te vertel. Hierdie naweek (en Donderdag daarby) was regtig ongelooflik. Dit voel soms dat slegte gedagtes verskyn, en dan gebeur daar iets, of ek besef iets wat so klein is, maar op so 'n manier hierdie hele ervaring een duisend keer meer die moeite werd maak.
Donderdag was 'n fantastiese dag net op sy eie. Dit was nie beplan om so lekker uit te draai nie, maar op een of ander manier het dit net. Die dag het begin met 'n fisika toets in die skool. Ek weet nie hoekom nie, maar 'n toets wat goed gaan, maak my altyd gelukkig, net om weer te voel ek weet darrem iets. Daarna was dit maar weer skool soos normaal gewees. Ek is mal oor die skool hierso wat die werk aanbetref en hoe die werk gedoen word, maar oor die kinders is ek nie so totaal gelukkig nie. Ek vind die kinders wat ek by die skool tot dusver getref het (want dit is ook maar alles waarmee ek te doen kry) vreemd. Dit is asof hulle eenvoudig netnie belang stel in die lewe van ander mense nie. Hulle is vasgevang in hulle eie glasboksie, maar die uitsig na buite is heel dof. Ek het dan so 'n bietjie vroeër huistoe gekom. Ek het eintlik nog 'n Duitse periode oor gehad, maar anders sou die hele dag nie uitwerk nie. Ek het ook tot die slotsom gekom dat dit so onbelangrik is wat ek hier eintlik in die skool doen, solank ek net iets doen.
Ek was toe by die huis gewees vir 'n rukkie totdat Walle (my gaspa) my opgelaai het. Ons is toe na Hildesheim. Ons was in die Hildesheimer Dom, 'n asemrowende kerk, met 'n spesiale geskiedenis. Dalk meer indrukwekkend is die sogenaamde "Duisendjaar oue roosbos" wat teen die muur van die kerk groei. Met 'n geskiedenis wat lui dat Kaiser Ludwig in die jaar 815 daar verlore geraak het op 'n jagtog. Hy het toe op sy knieë gesak en gebid, en sy nekhanger van Moeder Maria het hy op 'n roosbos neergelê. Die volgende oggend toe hy wakker word toe is die bos (in Somer) met sneeu bedek. Kaiser Ludwig het dit as 'n teken geneem en besluit om 'n kapel daar op te rig. Dit het oor die afgelope 1200 jaar ontwikkel tot 'n pragkerk en 'n stad.
Van daar af het ons 'n draai gaan maak by die Hildesheim Weinachtsmarkt. Virseker groter as die een hier in Burgstemmen. Op die ou Markplein is daar 'n klomp Stalletjies uitgepak wat alles net een tema verkondig: Kersfees. Van versierings tot gluhwein is alles daar te koop. Van daar af het ons vinnig deur die stad gestap en op die boonste vloer van 'n winkelsentrum het ons Hildesheim in die donkerte van die nag besigtig. Daarna was ek en Walle na 'n optrede van die Knabenchor Hildesheim in 'n vlugtelingtuiste. Dit was 'n baie interessante belewenis, want ons sing egte Klassieke en Barok liedere met kindertjies wat orals rondharloop en skree. Ek moet sê die plek was so effens chaoties gewees op daardie oomblik, maar een ding kon ek duidelik sien: die kinders is gelukkig. Ongeag al die slegte politiek en probleme wat Duitsland ervaar kon ek iets sien in die glimlag van een vierjarige. Daar word vir hierdie kind die geleentheid gebied om normaal groot te word. Die kindertjies praat al regtig goed Duits en mens kan die moeite sien wat daar gedoen word om hierdie mense tuis te laat voel.
Duitsland is dalk nie Suid-Afrika nie, maar Duitsland is 'n ongelooflike plek.

Sunday, 29 November 2015
'n Naweek in Hannover (Dag 42- 44)
Ek is nou nie meer heeltemal seker wanneer watse dae was nie, maar ek is agter. Ek het nog so baie om te vertel en daar is net nie genoeg tyd om alles neer te lê nie. Die probleem is dat die dinge gebeur, en selfs die tyd wat niks gebeur nie, doen mens nogsteeds iets want die feit is: die lewe hier gaan aan, net soos wat dit doen in Suid-Afrika. Ek is baie bly om nou te kan sê dat ek nie altyd genoeg tyd het om te skryf nie, want my dae raak al hoe voller.
Hans-Peter Fechter's A Series of Unfortunate Events
Na my kooroefening klim ek in die kar van een van die koorlede. Dit is so gereël dat hulle my by die treinstasie gaan aflaai. Gelukkig kom die seun saam, want die kaartjie automaat vat nie geld kleiner as tien euro nie en vir een of ander rede wil my vyf-euronoot nie aanvaar word nie. Op die ou einde kry ek 'n kartjie en sit ek op die bankies by die treinstasie en wag. ek klim op die trein met my klein tassie vir die naweek en my ukulele, en begin met die nie so lang reis na Hannover.
In Hannover word ek opgelaai deur die gasfamilie van Carita van den Berg 'n ander uitruilstudent wat ook deur dieselfde program hier uitgekom het. Ons het mekaar eers 'n paar weke vroeër ontmoet by een van die FSA se vergaderings, maar ons het vasgestel dat ons min of meer in dieselfde rigting oppad is. Ons het toe al besluit dat ons ten minste een keer gaan kuier, want ek bedoel ons altwee is basies in dieselfde bootjie. Haar gasfamilie bly op die hoogste verdieping van 'n woonstel, in die middel van Hannover. Dit is 'n heeltemal ander ervaring, as wat ek hier het, met ons huis en die tuin met eende en hoenders en 'n miniatuur aartapel boerdery. Ek is wel nie bang vir die stad nie, Pretoria is darrem ook 'n stad.
Haar gasfamilie was baie oulik gewees. Hulle praat met Carita Engels en hulle Engels is redelik goed. Een van hulle dogters was vir 'n jaar op 'n uitruil in Nieeu-Seland gewees, so alhoewel sy Duits is praat sy Engels met 'n Kiwi aksent. Ons het Saterdag Hannover ingevaar, met 'n bladsy uit die telefoonboek as kaart, en 'n redelike onskere plan. Ons het op die ou einde besluit om 'n draai te gaan maak by die Sprengel museum vir moderne kunste, op die oewer van die Maschsee. Dit was 'n baie vreemde ervaring om deur 'n kunsmuseum te dwaal met geen idee of agtergrond kennis oor die werke daar binne nie. Dit was moeilik om alles kuns te noem, want van die werke was regtig ongelooflik vreemd, maar ek het na Duitsland gekom met die plan om nuwe goed te probeer en hierdie was definitief een van die nuwe goed. Voor die museum het ons egter 'n draai gaan maak by die Neues Rathaus, wat in 1913 in gebruik geneem is. Dit is regtig 'n pragtige gebou en lyk soos 'n sprokieskasteel binne en buite.
Ons het die hele dag met die trein rondgery, en dit was ook vir my fantasties om daardie gevoel van vryheid te beleef - totale onafhanklikheid. Ons het besluit dit is tyd vir 'n roomys al was dit onder tien grade celsius gewees. Daar is eenvoudig nie 'n tyd wat 'n roomys nie werk nie.
Sondag het ons die stad aangepak met een misie - om Starbucks te kry. Dit was nie baie moeilik nie aangesien daar een op die treinstasie was. Van daar af het ons by die Marktkirche uitgekom en toe ons by die kerk uitkom toe begin dit sneeu. Ons het eers Carita se foon gebruik om fotos te neem, maar dit het pap geword toe begin ons myne gebruik. Die Duitsers het dit nie noodwendig as sneeu gesien nie, maar ysreën. Vir my was dit koud, wit en sag, genoeg om dit as sneeu te klassifiseer. Wat sneeu wel is, is ongelooflik koud. Met die dat die sneeu so vinnig gesmelt het, het mens sommer saam die koue ook nat geword. Dit is die dat ons toe skuiling begin soek het. Ons het geweet die Rathaus is oop, en warm. Ons het daarnatoe gehardloop...en ek het by die trappe opgejaag om warm te word. Met die dat ons my foon as kamera gebruik het was dit in my baadjiesak, en toe ek die trappe op is, toe is my foon nie meer daar nie. My foon het onder gebly, maar met die pad na die grond toe het die skerm totaal gebreek, en so erg dat die selfoon onbruikbaar is. Dit was natuurlik baie sleg, maar die dag was so mooi en so perfek dat dit nie my op daardie oomblik te veel om kon krap nie.
Ons het later half gevries, maar baie gelukkig weer by die huis uitgekom. Ons het aandete geëet, en daarmee het ek die eerste vaartyd van my trein verpas. Dit was wal nie 'n probleem nie, want daar ry nog een 'n uur later. Ek was reg vir die tweede trein, maar êrens was daar 'n gaping in die kommunikasie, ek het gedink hulle gaan my na die treinstasie toe ry soos wat hulle my opgelaai het, met die kar. Hulle het gedink ons gaan met die U-bahn daar uitkom. Op die ou einde het ek dit besef en het ons met die U-bahn by die hoofbaanhof uitgekom, nognie laat nie, maar effens knap. Ek koop toe 'n kaartjie na Nordstemmen, maar op die kaartjie staan daar nie op watter baan die trein ry nie. Ek sien toe 'n trein na Hildesheim met dieselfde vaartyd as my trein en in dieselfde rigting, en klim toe op die trein. Die oomblik wat die trein weggevaar het, het ek geweet ek is nie op die regte een nie, maar daar was niks wat ek kon doen nie. My foon is gebreek. Ek ken nie my gasfamilie se nommer uit my kop uit nie. Die leêr met die nommers lê by die huis in Burgstemmen. Op daardie oomblik besef ek, ek kan vir niemand laat weet waar ek is nie. Die enigste ding waaroor ek gestres het is dat my gasfamilie stres, want ek was eintlik nie verlore nie, net laat. Ek het hulle vooraf laat weet dat ek tien voor agt by die treinstasie in Nordstemmen gaan wees. Dit is egter toe nie meer moontlik nie. Ek het al klaar 'n haalfuur laat by die treinstasie in Hildesheim uitgeklim en geweet ek moet nou 'n kaartjie terug koop na Nordstemmen. Ek het wel net 'n twintig euro-noot gehad en soos ek vroeër genoem het die masjien vat net tot by tien euro. ek het toe vinnig met 'n man wat daar gestaan het geld geruil om 'n kaartjie te koop, maar ek het dit baie sterk oorweeg om nie een te koop nie.
Ek was egter baie bly dat ek dit wel reg gekry het, want die oomblik wat die trein sy deure toegemaak het, is die kaartjies gekontroleer. Ek was gladnie lus om hierdie hele storie aan 'n beampte te verklaar nie. Ek het toe so negeuur se kant by die treinstasie in Nordstemmen uitgeklim en het begin huis se kant toe loop. Gelukkig laai my gaspa my toe op, om my te infromeer dat die bundespolizei my soek en dat die baanowerhede my naam en beskrywing orals afkondig. Ek kan net indink wat hulle sê: "Ons soek vir Hans-Peter Fechter, 'n sestienjarige seun met rooi hare en 'n swart baadjie, wat Duits kan praat, maar met 'n Hollandse aksent en uit Suid-Afrika kom."
Gelukkig het ek op die ou einde veilig by die huis uitgekom.

Tuesday, 24 November 2015
Vlugtelinge, vervolg
Ek het gister begin vertel van die hantering van die vlugtelinge en die terreur hier in Duitsland. Een van die goed wat regtig my oë oopgemaak het om hierdie hele ding van die ander kant af te bekyk is 'n Moslem in my skool. Hy is een van die vriendelikste jongmense wat ek hier leer ken het. Toe die man wat die voorlesing die doele van die Islamietiese Staat begin bespreek, het hy sy hand opgesteek en die geloof verderdig. Die IS word deur baie van die Moslems net as 'n terroriste organisasie beskou en ek glo dit is vir hulle nog erger, omdat hierdie "ekstremiste" die hele geloof se naam deur die modder sleep.
Een van die groepe wat op die oomblik die swaarste kry deur hierdie hele vlugtelinge situasie is die Duitse burgers van Arabiese, of oosterlike oorsprong. Die probleem is dat daar nou 'n duidelike skeiding tussen Burgers en vlugtelinge gemaak word en baie van hierdie Duitse Moslems, bevind hulself aan die verkeerde kant van die lyn. Dit beteken dat daar burgers is, wat eweskielik tweekeer na gekyk word, omdat hulle dieselfde lyk as die vlugtelinge. Ek dink egter dat dit spesifiek hierdie Duitsers is, wat die sleutel is om hierdie vlugtelingkrisis op die beste wyse te hanteer. Met dieselfde geloof, en tot dieselfde taal instaat, is dit moontlik vir hulle om met die vlugtelinge in kontak te tree op 'n baie dieper vlak, as om met hulle in gebroke Engels te praat (Altwee kante se tweede taal)
Die wêreld het sterk gereageer op die aanslagte in Parys, omdat dit voel asof die IS nou die westerse wêreld betree het, en uiteindelik 'n standpunt hier gemaak het. Wat ons wel nie moet vergeet nie is dat hierdie gruweldade nou al vir meer as 'n jaar heers in die lande waar die vlugtelinge vandaan kom. Die angs wat ons gehad het na die Parys aanvalle, is dieselfde angs wat hierdie vlugtelinge uit hul huise en lande gedryf het.
Daar het 'n snaakse ding op die treinstasie Sondag-aand gebeur. Op die treinstasie is daar natuurlik baie vlugtelinge, omdat hulle (soos al die ander mense) van die treine gebruik maak om by plekke te kom. Daar het 'n man verby gedrentel gekom, 'n bierbottel in die hand en 'n slur in sy woorde. Hy stop voor my, gooi sy hande in die lug en vra my: "Waar kom hulle almal vandaan? Afrika, Asië." die man het verder beweeg en ek het eerder die geleentheid verby laat glip om hom te vertel dat ek ook van Afrika af kom. Daar is geen manier wat hierdie oom kon weet dat die spierwit, rooikop, blou-oog seun van dieselfde kontinent as hierdie mense wat hy so onregverdig beoordeel, kom nie of nie kom nie. Dit word vir my al hoe duideliker dat dit een van die gevaarlikste goed van vandag, is om iemand te beoordeel op grond van hul voorkoms, ongeag die nuusberigte en die geskiedenis wat aan jou vertel word.

Monday, 23 November 2015
Terugblik na Dag 39
Ek vra persoonlik omverskoning vir die lang blog-stilte, ek was eenvoudig net te besig. Die goeie nuus is dat ek nou onfgelooflik baie het om te vertel. Laas week was gevul met chaos, met woede en ook natuurlik met baie vreugde. As gevolg van die verloop van die tyd gaan ek alles nie noodwendig chronologies deurgee nie, maar eerder volgens tema.
Ek gaan begin met een van die grootste kwelpunte op die oomblik in Duitsland. Dit oorheers die nuus hier, gesprekke in skole, tannies om koffietafels en ek is seker as die Duitsers gebraai het sou dit definitief om die vuur bespreek word. Ek was Dinsdag oppad na 'n beplande hoogtepunt van my verblyf hier in Duitsland, 'n internasionale sokkerwedstryd. Duitsland teen Nederland, in Duitsland, 'n "dit gebeur net een keer in jou lewe" tipe ervaring. Almal was natuurlik baie skepties oor of hierdie wedstryd wel gaan plaasvind, met die tereur aanvalle wat net die vorige naweek by 'n Duitse sokkerwedstryd in Parys gebeur het. Hierdie sokkerwedstryd sou ook dien as 'n stand teen hierdie terrorisme, met die Duitse Bundeskanselaar, Angela Merkel wat self haar teenwoordigheid in die stadion duidelik sou maak. Oppad na die wedstryd, met my gemoedere hoog en 'n Duiste sokkertrui aan my lyf, het ek na die HDI Arena in Hannover vertrek. Toe ons net in Hannover ingekom het, hoor ek oor die karradio: "Die sokkerwedstryd is op kort kennisgewing afgestel, as gevolg van 'n moontlike bedreiging" Emosies en gedagtes het oormekaar en deurmekaar deur my gedagtes gestroom: ongeloof, angs...woede. Ek kon nie glo dat die terreur gevaar so sterk kon wees, dat dit selfs iets in my lewe kon ontwrig. Aanvanklik was dit nie baie duidelik hoekom die wedstryd afgestel is nie.
Die rede het eers later die lig gesien toe die Duitse owerhede verklaar dat hul ingelig is van 'n wesenlike bom gevaar in die stadion, deur die Franse geheime dienste. Daar is gelukkig geen bom op die perseël gevind nie, maar ek stem saam dat mens eerder dit veilig moet speel in situasies soos hierdie. Die groot hoeveelheid mense en die teenwoordigheid van Angela Merkel het die wedstryd na my smaak te veel van 'n teiken gemaak. Ek was eers kwaad dat hierdie geleentheid van my af weggeneem is, maar later het ek meer tot my sinne gekom. Daar het die afgelope ruk soveel slegte dinge in die wêreld gebeur dat 'n sokkerwedstryd 'n klein opoffering is wat ek moes maak in vergelyking. Ons het toe in plaas van die sokkerwedstryd in die bioskoop (fliek) gaan sit, om die nuutste James Bond film te aanskou. Snaaks hoe die bomme, dood en gevaar wat jy beleef uit die sagte rooi stoele heeltemal anders as die daar buite opgeneem word. Binne is dit aksie, daar buite is dit aaklig. Dit raak bietjie angswekkend as die realitiet so eenders raak aan die storie op die silwerskerm.
Wat ek wel baie vreemd vind hier, is dat die terroriste stories en die vlugteling in die oë van baie mense hand aan hand loop. Ons het Vrydag in die skool 'n voorlesing gehad en daarna het ons 'n gesprek gevoer met die man, 'n plaaslike politikus. Die ouditorium vol tieners was vol vrae oor die hele krisis wat op die oomblik aan die gang is in Duitsland. Baie van die kinders weet ook maar net wat hulle hoor of lees op Facebook en hierdie Meneer kon as 'n bron van konkrete feite dien. Op die ou einde het dit daarop neergekom dat die vlugtelingkrisis juis dit is: 'n krisis. Dit word wel op so 'n manier hanteer dat die mense regtig nie bekommerd hoef te wees nie...
Hierdie onderwerp sal nog voortgesit word, wanneer my vingers weer die geleentheid kry om die sleutelbord aan te val, in hierdie land wat nie Suid-Afrika is nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)