Ek is nou nie meer heeltemal seker wanneer watse dae was nie, maar ek is agter. Ek het nog so baie om te vertel en daar is net nie genoeg tyd om alles neer te lê nie. Die probleem is dat die dinge gebeur, en selfs die tyd wat niks gebeur nie, doen mens nogsteeds iets want die feit is: die lewe hier gaan aan, net soos wat dit doen in Suid-Afrika. Ek is baie bly om nou te kan sê dat ek nie altyd genoeg tyd het om te skryf nie, want my dae raak al hoe voller.
Hans-Peter Fechter's A Series of Unfortunate Events
Na my kooroefening klim ek in die kar van een van die koorlede. Dit is so gereël dat hulle my by die treinstasie gaan aflaai. Gelukkig kom die seun saam, want die kaartjie automaat vat nie geld kleiner as tien euro nie en vir een of ander rede wil my vyf-euronoot nie aanvaar word nie. Op die ou einde kry ek 'n kartjie en sit ek op die bankies by die treinstasie en wag. ek klim op die trein met my klein tassie vir die naweek en my ukulele, en begin met die nie so lang reis na Hannover.
In Hannover word ek opgelaai deur die gasfamilie van Carita van den Berg 'n ander uitruilstudent wat ook deur dieselfde program hier uitgekom het. Ons het mekaar eers 'n paar weke vroeër ontmoet by een van die FSA se vergaderings, maar ons het vasgestel dat ons min of meer in dieselfde rigting oppad is. Ons het toe al besluit dat ons ten minste een keer gaan kuier, want ek bedoel ons altwee is basies in dieselfde bootjie. Haar gasfamilie bly op die hoogste verdieping van 'n woonstel, in die middel van Hannover. Dit is 'n heeltemal ander ervaring, as wat ek hier het, met ons huis en die tuin met eende en hoenders en 'n miniatuur aartapel boerdery. Ek is wel nie bang vir die stad nie, Pretoria is darrem ook 'n stad.
Haar gasfamilie was baie oulik gewees. Hulle praat met Carita Engels en hulle Engels is redelik goed. Een van hulle dogters was vir 'n jaar op 'n uitruil in Nieeu-Seland gewees, so alhoewel sy Duits is praat sy Engels met 'n Kiwi aksent. Ons het Saterdag Hannover ingevaar, met 'n bladsy uit die telefoonboek as kaart, en 'n redelike onskere plan. Ons het op die ou einde besluit om 'n draai te gaan maak by die Sprengel museum vir moderne kunste, op die oewer van die Maschsee. Dit was 'n baie vreemde ervaring om deur 'n kunsmuseum te dwaal met geen idee of agtergrond kennis oor die werke daar binne nie. Dit was moeilik om alles kuns te noem, want van die werke was regtig ongelooflik vreemd, maar ek het na Duitsland gekom met die plan om nuwe goed te probeer en hierdie was definitief een van die nuwe goed. Voor die museum het ons egter 'n draai gaan maak by die Neues Rathaus, wat in 1913 in gebruik geneem is. Dit is regtig 'n pragtige gebou en lyk soos 'n sprokieskasteel binne en buite.
Ons het die hele dag met die trein rondgery, en dit was ook vir my fantasties om daardie gevoel van vryheid te beleef - totale onafhanklikheid. Ons het besluit dit is tyd vir 'n roomys al was dit onder tien grade celsius gewees. Daar is eenvoudig nie 'n tyd wat 'n roomys nie werk nie.
Sondag het ons die stad aangepak met een misie - om Starbucks te kry. Dit was nie baie moeilik nie aangesien daar een op die treinstasie was. Van daar af het ons by die Marktkirche uitgekom en toe ons by die kerk uitkom toe begin dit sneeu. Ons het eers Carita se foon gebruik om fotos te neem, maar dit het pap geword toe begin ons myne gebruik. Die Duitsers het dit nie noodwendig as sneeu gesien nie, maar ysreën. Vir my was dit koud, wit en sag, genoeg om dit as sneeu te klassifiseer. Wat sneeu wel is, is ongelooflik koud. Met die dat die sneeu so vinnig gesmelt het, het mens sommer saam die koue ook nat geword. Dit is die dat ons toe skuiling begin soek het. Ons het geweet die Rathaus is oop, en warm. Ons het daarnatoe gehardloop...en ek het by die trappe opgejaag om warm te word. Met die dat ons my foon as kamera gebruik het was dit in my baadjiesak, en toe ek die trappe op is, toe is my foon nie meer daar nie. My foon het onder gebly, maar met die pad na die grond toe het die skerm totaal gebreek, en so erg dat die selfoon onbruikbaar is. Dit was natuurlik baie sleg, maar die dag was so mooi en so perfek dat dit nie my op daardie oomblik te veel om kon krap nie.
Ons het later half gevries, maar baie gelukkig weer by die huis uitgekom. Ons het aandete geëet, en daarmee het ek die eerste vaartyd van my trein verpas. Dit was wal nie 'n probleem nie, want daar ry nog een 'n uur later. Ek was reg vir die tweede trein, maar êrens was daar 'n gaping in die kommunikasie, ek het gedink hulle gaan my na die treinstasie toe ry soos wat hulle my opgelaai het, met die kar. Hulle het gedink ons gaan met die U-bahn daar uitkom. Op die ou einde het ek dit besef en het ons met die U-bahn by die hoofbaanhof uitgekom, nognie laat nie, maar effens knap. Ek koop toe 'n kaartjie na Nordstemmen, maar op die kaartjie staan daar nie op watter baan die trein ry nie. Ek sien toe 'n trein na Hildesheim met dieselfde vaartyd as my trein en in dieselfde rigting, en klim toe op die trein. Die oomblik wat die trein weggevaar het, het ek geweet ek is nie op die regte een nie, maar daar was niks wat ek kon doen nie. My foon is gebreek. Ek ken nie my gasfamilie se nommer uit my kop uit nie. Die leêr met die nommers lê by die huis in Burgstemmen. Op daardie oomblik besef ek, ek kan vir niemand laat weet waar ek is nie. Die enigste ding waaroor ek gestres het is dat my gasfamilie stres, want ek was eintlik nie verlore nie, net laat. Ek het hulle vooraf laat weet dat ek tien voor agt by die treinstasie in Nordstemmen gaan wees. Dit is egter toe nie meer moontlik nie. Ek het al klaar 'n haalfuur laat by die treinstasie in Hildesheim uitgeklim en geweet ek moet nou 'n kaartjie terug koop na Nordstemmen. Ek het wel net 'n twintig euro-noot gehad en soos ek vroeër genoem het die masjien vat net tot by tien euro. ek het toe vinnig met 'n man wat daar gestaan het geld geruil om 'n kaartjie te koop, maar ek het dit baie sterk oorweeg om nie een te koop nie.
Ek was egter baie bly dat ek dit wel reg gekry het, want die oomblik wat die trein sy deure toegemaak het, is die kaartjies gekontroleer. Ek was gladnie lus om hierdie hele storie aan 'n beampte te verklaar nie. Ek het toe so negeuur se kant by die treinstasie in Nordstemmen uitgeklim en het begin huis se kant toe loop. Gelukkig laai my gaspa my toe op, om my te infromeer dat die bundespolizei my soek en dat die baanowerhede my naam en beskrywing orals afkondig. Ek kan net indink wat hulle sê: "Ons soek vir Hans-Peter Fechter, 'n sestienjarige seun met rooi hare en 'n swart baadjie, wat Duits kan praat, maar met 'n Hollandse aksent en uit Suid-Afrika kom."
Gelukkig het ek op die ou einde veilig by die huis uitgekom.
Sunday, 29 November 2015
Tuesday, 24 November 2015
Vlugtelinge, vervolg
Ek het gister begin vertel van die hantering van die vlugtelinge en die terreur hier in Duitsland. Een van die goed wat regtig my oë oopgemaak het om hierdie hele ding van die ander kant af te bekyk is 'n Moslem in my skool. Hy is een van die vriendelikste jongmense wat ek hier leer ken het. Toe die man wat die voorlesing die doele van die Islamietiese Staat begin bespreek, het hy sy hand opgesteek en die geloof verderdig. Die IS word deur baie van die Moslems net as 'n terroriste organisasie beskou en ek glo dit is vir hulle nog erger, omdat hierdie "ekstremiste" die hele geloof se naam deur die modder sleep.
Een van die groepe wat op die oomblik die swaarste kry deur hierdie hele vlugtelinge situasie is die Duitse burgers van Arabiese, of oosterlike oorsprong. Die probleem is dat daar nou 'n duidelike skeiding tussen Burgers en vlugtelinge gemaak word en baie van hierdie Duitse Moslems, bevind hulself aan die verkeerde kant van die lyn. Dit beteken dat daar burgers is, wat eweskielik tweekeer na gekyk word, omdat hulle dieselfde lyk as die vlugtelinge. Ek dink egter dat dit spesifiek hierdie Duitsers is, wat die sleutel is om hierdie vlugtelingkrisis op die beste wyse te hanteer. Met dieselfde geloof, en tot dieselfde taal instaat, is dit moontlik vir hulle om met die vlugtelinge in kontak te tree op 'n baie dieper vlak, as om met hulle in gebroke Engels te praat (Altwee kante se tweede taal)
Die wêreld het sterk gereageer op die aanslagte in Parys, omdat dit voel asof die IS nou die westerse wêreld betree het, en uiteindelik 'n standpunt hier gemaak het. Wat ons wel nie moet vergeet nie is dat hierdie gruweldade nou al vir meer as 'n jaar heers in die lande waar die vlugtelinge vandaan kom. Die angs wat ons gehad het na die Parys aanvalle, is dieselfde angs wat hierdie vlugtelinge uit hul huise en lande gedryf het.
Daar het 'n snaakse ding op die treinstasie Sondag-aand gebeur. Op die treinstasie is daar natuurlik baie vlugtelinge, omdat hulle (soos al die ander mense) van die treine gebruik maak om by plekke te kom. Daar het 'n man verby gedrentel gekom, 'n bierbottel in die hand en 'n slur in sy woorde. Hy stop voor my, gooi sy hande in die lug en vra my: "Waar kom hulle almal vandaan? Afrika, Asië." die man het verder beweeg en ek het eerder die geleentheid verby laat glip om hom te vertel dat ek ook van Afrika af kom. Daar is geen manier wat hierdie oom kon weet dat die spierwit, rooikop, blou-oog seun van dieselfde kontinent as hierdie mense wat hy so onregverdig beoordeel, kom nie of nie kom nie. Dit word vir my al hoe duideliker dat dit een van die gevaarlikste goed van vandag, is om iemand te beoordeel op grond van hul voorkoms, ongeag die nuusberigte en die geskiedenis wat aan jou vertel word.

Monday, 23 November 2015
Terugblik na Dag 39
Ek vra persoonlik omverskoning vir die lang blog-stilte, ek was eenvoudig net te besig. Die goeie nuus is dat ek nou onfgelooflik baie het om te vertel. Laas week was gevul met chaos, met woede en ook natuurlik met baie vreugde. As gevolg van die verloop van die tyd gaan ek alles nie noodwendig chronologies deurgee nie, maar eerder volgens tema.
Ek gaan begin met een van die grootste kwelpunte op die oomblik in Duitsland. Dit oorheers die nuus hier, gesprekke in skole, tannies om koffietafels en ek is seker as die Duitsers gebraai het sou dit definitief om die vuur bespreek word. Ek was Dinsdag oppad na 'n beplande hoogtepunt van my verblyf hier in Duitsland, 'n internasionale sokkerwedstryd. Duitsland teen Nederland, in Duitsland, 'n "dit gebeur net een keer in jou lewe" tipe ervaring. Almal was natuurlik baie skepties oor of hierdie wedstryd wel gaan plaasvind, met die tereur aanvalle wat net die vorige naweek by 'n Duitse sokkerwedstryd in Parys gebeur het. Hierdie sokkerwedstryd sou ook dien as 'n stand teen hierdie terrorisme, met die Duitse Bundeskanselaar, Angela Merkel wat self haar teenwoordigheid in die stadion duidelik sou maak. Oppad na die wedstryd, met my gemoedere hoog en 'n Duiste sokkertrui aan my lyf, het ek na die HDI Arena in Hannover vertrek. Toe ons net in Hannover ingekom het, hoor ek oor die karradio: "Die sokkerwedstryd is op kort kennisgewing afgestel, as gevolg van 'n moontlike bedreiging" Emosies en gedagtes het oormekaar en deurmekaar deur my gedagtes gestroom: ongeloof, angs...woede. Ek kon nie glo dat die terreur gevaar so sterk kon wees, dat dit selfs iets in my lewe kon ontwrig. Aanvanklik was dit nie baie duidelik hoekom die wedstryd afgestel is nie.
Die rede het eers later die lig gesien toe die Duitse owerhede verklaar dat hul ingelig is van 'n wesenlike bom gevaar in die stadion, deur die Franse geheime dienste. Daar is gelukkig geen bom op die perseël gevind nie, maar ek stem saam dat mens eerder dit veilig moet speel in situasies soos hierdie. Die groot hoeveelheid mense en die teenwoordigheid van Angela Merkel het die wedstryd na my smaak te veel van 'n teiken gemaak. Ek was eers kwaad dat hierdie geleentheid van my af weggeneem is, maar later het ek meer tot my sinne gekom. Daar het die afgelope ruk soveel slegte dinge in die wêreld gebeur dat 'n sokkerwedstryd 'n klein opoffering is wat ek moes maak in vergelyking. Ons het toe in plaas van die sokkerwedstryd in die bioskoop (fliek) gaan sit, om die nuutste James Bond film te aanskou. Snaaks hoe die bomme, dood en gevaar wat jy beleef uit die sagte rooi stoele heeltemal anders as die daar buite opgeneem word. Binne is dit aksie, daar buite is dit aaklig. Dit raak bietjie angswekkend as die realitiet so eenders raak aan die storie op die silwerskerm.
Wat ek wel baie vreemd vind hier, is dat die terroriste stories en die vlugteling in die oë van baie mense hand aan hand loop. Ons het Vrydag in die skool 'n voorlesing gehad en daarna het ons 'n gesprek gevoer met die man, 'n plaaslike politikus. Die ouditorium vol tieners was vol vrae oor die hele krisis wat op die oomblik aan die gang is in Duitsland. Baie van die kinders weet ook maar net wat hulle hoor of lees op Facebook en hierdie Meneer kon as 'n bron van konkrete feite dien. Op die ou einde het dit daarop neergekom dat die vlugtelingkrisis juis dit is: 'n krisis. Dit word wel op so 'n manier hanteer dat die mense regtig nie bekommerd hoef te wees nie...
Hierdie onderwerp sal nog voortgesit word, wanneer my vingers weer die geleentheid kry om die sleutelbord aan te val, in hierdie land wat nie Suid-Afrika is nie.

Sunday, 15 November 2015
Dag 37
Vandag het so stadig en rustig soos net 'n Sondag kan, ontwaak. Dit is die Duitse "Volkstrauertag" vandag. Die ingebruikneming van hierdie dag het reeds begin na die Eerste Wêreld Oorlog, en alhoewel die datum al 'n paar keer verander het is dit vasgestel dat hierdie, as herdenkingsdag sal dien vir die oorledenes van die groot oorloë. Dit vind plaas op die tweede laaste Sondag van die kerkjaar. Ons was vandag by die kerkdiens in 'n klein dorpie hier naby genaamd Hayersum.
Ek het die diens pragtig gevind, dit was regtig fantasties om weer in die kerk te kom. Die diens was gevul met die groot temas wat op die oomblik die Duitse nuuswêreld oorweldig. Dit het gewissel tussen die vlugtelingskrisis, die dood van Helmut Schmidt (Oud Bundeskanzler van Duitsland) en dan natuurlik die aanvalle wat Vrydag in Parys plaasgevind het. Die laasgenoemde gebeurtenis was so onlangs dat die pastoor nie eintlik op dit voorbereid was nie. Dit was 'n wonderlikke samevatting van hoe ons die pyn en lyding van hierdie lewe moet benader. Gelos deur die woorde van Matteus 25:"Ek was honger, en julle het my iets gegee om te eet..." is ons aangespoor om die swaarkry in die wêreld te beveg met absolute goedhartigheid van ons kant af.
Die diens het geëindig met 'n kraanslegging, waargeneem deur die freiwillige feuerwehr, en begelei deur my gaspa se trompet. Hy het ongelooflik gespeel. Die melodieë van Nader my God by U en Genade Onbeskryflik Groot het saam met die druppels van die mistroëstige weer saamgesmelt in 'n hartseer huldeblyk.
Vandag was Sondag middagete in my hande, en aangesien ek nie 'n Suid-Afrikaanse kookkuns kokkedoor is nie, het ek besluit om een van my gunstelinge te kook, Coke-hoender. Dit was wel 'n uitdaging om iets vir die eerste keer te kook in 'n ander land sonder die hulp van jou moeder. Wat die ete aanbetref was dit heeltemal eetbaar, maar daar was definitief plekke vir verbetering, wat ek nog in die toekoms sal benut.

Wednesday, 11 November 2015
Dag 33
Die enigste rede waarom jy iets vreemd vind is, omdat jy uit 'n ander verwysingsraamwerk kom. Jou kop soek heeltyd vergelykings punte, verwysings punte, dinge wat eenders lyk of klink. Iewers, êrens in die choas probeer jou kop die leidrade soos toutjies aanmekaar vleg en die oomblik wat jou gedagtes nie met iets in die argiewe verbind nie, sien jy dit as vreemd.
Ek het al 'n paar keer vir die kinders hier goed uitgewys wat vir my nie mooi logies is nie. Die toetse word gemerk en dan word die punte teruggee op 'n skaal van een tot ses. Die vreemde ding is egter dat een die beste is.
"Hoekom?" is al wat ek gevra het.
Die antwoord was net so eenvoudig: "Dit is nog altyd so."
Die dinge waarmee mens grootword is nie so eenvoudig om te bevraagteken nie, want hoe bevraagteken mens iets, as dit al is wat jy ken. Verdere dinge wat hier ook verskil is die lengtes van die periodes. Hulle het maksimum vier verskillende vakke in 'n dag, waarvan almal dan 'n 90 minute periode is. Tussen elke periode is daar wel 'n vyftien minute pouse en as jy die dag vier vakke het is daar amper 'n uur middagpouse voor die laaste periode. Ek sê gladnie dit is verkeerd nie dit is net anders.
'n Ander avontuur wat ek hierdie week beleef het was my eerste Latyn klas. Ek het nie gedink ek gaan by wees nie, die ander leerders het ongeveer 'n vier jaar voorsprong, maar ek het wel nie verwag om so verlore te wees nie. As ek raad kan gee, moet nie 'n ongelooflike moeilike vierde taal probeer leer in jou redelike moeilike derde taal nie. Ons het die periode spandeer om 'n Latynse brief te aniliseer en te vertaal. Daar ontstaan wel 'n probleem ('n klein probleem) as jy net elke derde woord van die taal verstaan waarin die vreemde deel aangeleer word. Ek het die periode egter baie geniet, want op 'n manier het dit daarop uitgekom dat ek en die meneer 'n gesprek oor Suid-Afrikaanse politiek gevoer het. Die Latyn was ook interessant, om te sien hoe mens 'n woord kan neem en dan die apparte uithaal en dan terug te verwys na die oorspronklike Latyn, die boustene van die taal.

Sunday, 8 November 2015
Dag 30
Hierdie week was weer ons eerste skoolweek na die vakansie. Soos ek reeds genoem het, het hulle hier in Duitsland drie verskillende vlakke van skool. Ek het hierdie week na een van die ander vlakke geskuif - die Gimnasium. Ek het ook 'n "sprong" na graad tien gemaak. Mens kan baie skryf oor wat 'n skool beter of slegter maak: 'n skool bly eenvoudig 'n skool. Dit is die gesindheid van die mense wat werklik die verskil maak.
Tot dusver ervaar ek die skool hier as net dit - 'n skool. 'n Akademiese instansie wat verantwoordelik is vir die leer en onderrig van kinders. In Menlopark word die skool nie net deel van jou daaglikse roetine nie, dit word deel van jou hart. Ek dink dit het iets te doen met die feit dat ons saam as 'n skool aan sport, kultuur en vele meer deelneem. Hierdie kompetisie bou tradisie, 'n tipe patriotisme.
Verder begin dit nou vir my voel asof ek werklik my voete hier begin vind. Elke dag is nie noodwendig op sy eie 'n avontuur nie, maar dit vorm alles deel van die avontuur wat ek, my lewe noem. Hierdie naweek was egter weer heel interessant. Ek was Saterdag met twee vriende wat ek hier gemaak het na die Erlebnis Zoo Hannover. Die dieretuin self is ongelooflik mooi gemaak. Die dieretuin is in temas ingedeel en is dan ook volgens hierdie temas gebou. Die grootste deel van die dieretuin (tot my spyt) was die Afrika afdeling. Verder was daar 'n Yukon afdeling wat alles van wolwe tot die Amerikaanse bison bevat het. Oor die algemeen was dit 'n wonderlike ervaring. Die weer op die oomblik is fantasties hier. Volgens die mense hier is Suid-Afrika nie die enigste plek waar dit op die oomblik buitengewoon warm is nie. Ek hoop en bid net, dat daar van ons reën die pad huistoe vind.
Wat ek verder vreemd gevind het is dat daar honde binne die dieretuin toegelaat word. Daar is wel 'n paar redes hoekom ek dit nie persoonlik sou doen nie. In die eerste plek kos dit R 125 om die hond in te vat. Verder kan mens (natuurlik) ook nie al die afdelings betree met 'n hond aan jou sy nie. Een van die groep moet dan alleen met die hond buite wag. Ons het daarna die aand 'n film in die kerksaaltjie gaan kyk- Honig im Kopf. Dit is 'n Duitse fliek, ook hier geproduseer. Ek moet ongelukkig erken dat dit effens beter was as ons plaaslike geproduseerde films. Dit is regtig 'n hartroerende verhaal wat handel oor 'n dogtertjie en haar oupa, wat Alzheimer ontwikkel. Alhoewel dit nie heeltemal realisties uitgebeeld word (soos aan my verduidelik deur my gasma wat daagliks met hierdie tipe ding werk) het dit definitief 'n paar gevoelens in my wakker gemaak en het ek ook na my eie grootouers verlang.
Ten slotte, dit was 'n goeie week in die lewe van 'n uitruilstudent, maar Duitsland word nogsteeds nie Suid-Afrikia nie.

Monday, 2 November 2015
Dag 24: 'n Perspektief Wisseling
Dou voor dag was ons wakker en gereed om te vertrek. My familie hier het my die ongelooflike voorreg gegun om na die hawestad Hamburg te vaar. Die autobahn was leeg soos die son nog sy strale agter die horison probeer hou het. Ons het so uur en 'n half later by die Fischmarkt in Hamburg uitgeklim. Ek het gedink dit gaan 'n vismark wees, daar was vis, maar dit was meer soos 'n vloeimark met 'n ongesonde hoeveelheid visstalletjies. Dit vind elke Sondag oggend in Hamburg plaas, en vir twee en 'n half ure kriewel die strate tussen stalletjies, waar verkopers staan en hard skree om so kopers te lok en hul produk as die beste te adverteer. As die mark om 9:30 tot sy einde kom, verdwyn mense met hande vol pakkies - en stalletjies word deur rooigesig en stemlose eienaars opgepak.
Ons het van daar af na die Miniatuur Wonderland gegaan. Daar is vir my vooraf gesê dit gaan fantasties wees, maar natuurlik het die gedagte Ag hoe goed kan 'n model nou regtig wees in my agterkop gesit. Hierdie uitstalling, begin deur twee broers, het nie net hierdie negatiewe gedagtes nie, maar ook my asem weg geslaan. Dit is 'n ongelooflike belewenis om die wêreld totaal van bo af te sien, dit is soos om uit 'n vliegtuig te kyk, maar jy kan al die fyn besonderhede waarneem. Daar is so baie fyn besonderhede dat dit jou brein totaal oorweldig en naderhand kan jy net eenvoudig nie al die inligting wat jou oë sien innneem nie. Ons het eerste 'n draai in Switserland gemaak, waar treine op spore deur die alpe heen en weer beweeg. Alle meganiese modelle beweeg, en daar is orals liggies wat skyn. Elke vyftien minute is dit nag, en dan ry die model karretjies, vragmotors en polisie deur die verligte strate van Bayern, Las Vegas en Hamburg self. Daar word 'n lughawe uitgebeeld waar vliegtuie land en opstyg en goedere en mense op die lughawe heen en weer vervoer word (alles natuurlik op skaal gebou). Na die tyd vol jy soos 'n reus wat op die mensdom neerkyk.
Na 'n heerlike middagete is ek verras met 'n hawe rondvaart. As jy deur een van die grootstes in Europa vaar voel jy baie klein. Ek, al dertig mense saam ons en natuurlik die boot waarop ons was is deur die massiewe masjiene gedwerg. Sodra mens dink die skepe is groot sien mens die plekke waar die skepe herstel word, die skip word heeltemal uit die water gelig in die sogenaamde "Dry Docks" In hierdie kort vaart deur die hawe sien jy (natuurlik) 'n groot verskeidenheid skepe, soos oorlogskepe (wat nou iets soos behoud-van-vredeskepe genoemk word). Mens sien ook natuurlik veel van Hamburg se geboue. Die mees opvallende een is die Elbphilharmonie Hamburg - hierdie gebou is 'n bewys dat ons nie in Suid-Afrika alleen is met ons stryd nie. Die onvoltooide gebou wat alreeds klaar moes wees, in 2009, het oorspronklik 'n begroting van €180 miljoen euro geniet, maar is nou naby aan €800 miljoen, en die einde is nognie heeltemal in sig nie.
Na die skipvaart begin mens wonder of jy ook net soos een van die klein figuurtjies in die uitstalling is. Deur 'n kunstenaar daar gesit op jou plekkie in die wêreld.

Sunday, 1 November 2015
Dag 23: Rugby
The Road Not Taken
By Robert Frost
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth;
Then took the other, as just as fair,
And having perhaps the better claim,
Because it was grassy and wanted wear;
Though as for that the passing there
Had worn them really about the same,
And both that morning equally lay
In leaves no step had trodden black.
Oh, I kept the first for another day!
Yet knowing how way leads on to way,
I doubted if I should ever come back.
I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I—
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.
Die woorde van Robert Frost se The Road Not Taken het heen in weer in my gedagtes weerklink soos ek deur die geel gekleurde woud gedraf het. Om bietjie verskeidenheid by my drafroetes by te voeg, het my gaspa my hierdie oggend by die begin van 'n woudpaadjie afgelaai met die instruksies: "Geradeaus durch den Wald, dann siehst du die Spitze von die Kirche in Burgstemmen." Rofweg vertaal (soos in my kop): Hardloop reguit en soek dan die huis. Ek was nie 'n minuut aan die gang nie, toe vurk die pad. Ek het nie daar gestaan en altwee paaie ondersoek nie. Ek het natuurlik reguit gehardloop. Na so 'n kilometer in hierdie rigting begin Robert Frost se gedig in my kop verskyn, want dit was nou duidelik dat "I took the one less traveled by." Ek het wel aanhou draf met die hoop dat die pad êrens sal uitkom, inteendeel, al verskil wat hierdie pad gemaak het is dat ek 'n ekstra twee kilometer moes draf op 'n modderige plaaspadjie. In 'n drafsessie, is dit makliker om die eerste weg wat klaarblyklik in die gedig verlore is weer te vind. Ek dink nie Robert Frost het gehoop dat hierdie gedig van hom so letterlik opgeneem sou word nie, maar nou ja. Die pad wat ek toe op die ou einde geneem het was pragtig en dit is seker al wat saak maak.
Toe ek by die huis aankom het ons gou geëet en toe was ek, die oom en die tannie weer in die motor. Vandag was die uitstappie na Hannover om bietjie sport te gaan kyk, maar nie net enige sport nie - Rugby. Vir een of ander rede wil dit voorkom asof Hannover die Rugby hoofstad van Duitsland is. Daar is agt rugby klubs in Hannover. Ons het hier vir een van die klubs Hannover 78 (tans derde in die Noord Bundesliga se eerste Liga) teen Hamburger RC (wat die agste en laaste plek op die ranglys beklee). Dit was ongelooflik interessant om Rugby in Duitsland, saam Duitsers, gespeel deur Duitsers te kyk. Ek het elke keer as daar 'n Duitse lynstaan roep of 'n skree van "Ball ist raus" skelmpies geglimlag, want op 'n manier klink dit net eenvoudig nie reg nie. Wat my wel baie verbaas het is die tipe rugby wat hul gespeel het. Ek het gegaan met die denke dat dit Europese rugby sal wees, dus dat die bal baie geskop sal word. Ek is egter aangenaam verras deur die fisiese hardloop-rugby wat gespeel is. Hannover het weggestap met 'n weghol oorwinning en ek met 'n positiewe beeld van Duitse rugby.
Na die rugby het ons 'n draai gaan maak by 'n binneshuise hokkietoernooi op dieselfde gronde. Dit was 'n o/16 toernooi, en die eerste keer wat ek hokkie hier sien. Ek het weer begin jeuk om te speel, want die Duitsers mag maar. Die hokkie was baie vinnig, maar soos met die rugby ook vind ek dit baie moeilik om te vergelyk met diè wat ek ken. Terug by die huis was ons net betyds om die afskop van die rugbywêreldbekerfinaal te sien. My Duitse familie hier het dit saam gekyk, hulle geniet ook die rugby, alhoewel ons nie almal vir dieselfde redes kyk nie (die tannie fokus in diepte op Nieu-Seeland se mans)
'n Lekker dag, in 'n minder vreemde plek.

Dag 22 Deel 2
Ons het weg gery by die koor, ek met 'n groot glimlag op my gesig en 'n lied in my hart (wat maar altyd daar is). Ek het natuurlik gedink ons is op pad huis toe, ek was gelukkig verkeerd. Ons het 'n draai gaan maak by Hildesheim, waar die Lichtungen, die Internationales Lichtkunsfest, aan die gang was.
Wat hierdie fees basies behels het is dat die hele sentrale Hildesheim verlig is vir hierdie aand. Die winkels was oop tot laat (baie laat) en oral in die strate was daar stalletjies, optredes en vermaak. Teen die mure van, van die kenmerkendste geboue in die omgewing insluitend die St. Andreas kerk, is daar ongelooflike kunswerke met lig geskep. Teen die muur van die Landes Zentraal Bank (LZB), byvoorbeeld, is ligbeelde van die ou Deutsche Mark geldnote gestraal. Die nag, slegs gestipileer deur die tyd en nie deur die donkerheid van die lug rondom mens nie, was fantasties. Om deur so 'n ou stad (1200 jaar) verlig deur internasionale kunstenaars te wandel, was werklik 'n ongelooflike ervaring!

Subscribe to:
Posts (Atom)