The Road Not Taken
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth;
Then took the other, as just as fair,
And having perhaps the better claim,
Because it was grassy and wanted wear;
Though as for that the passing there
Had worn them really about the same,
And both that morning equally lay
In leaves no step had trodden black.
Oh, I kept the first for another day!
Yet knowing how way leads on to way,
I doubted if I should ever come back.
I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I—
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.
Die woorde van Robert Frost se The Road Not Taken het heen in weer in my gedagtes weerklink soos ek deur die geel gekleurde woud gedraf het. Om bietjie verskeidenheid by my drafroetes by te voeg, het my gaspa my hierdie oggend by die begin van 'n woudpaadjie afgelaai met die instruksies: "Geradeaus durch den Wald, dann siehst du die Spitze von die Kirche in Burgstemmen." Rofweg vertaal (soos in my kop): Hardloop reguit en soek dan die huis. Ek was nie 'n minuut aan die gang nie, toe vurk die pad. Ek het nie daar gestaan en altwee paaie ondersoek nie. Ek het natuurlik reguit gehardloop. Na so 'n kilometer in hierdie rigting begin Robert Frost se gedig in my kop verskyn, want dit was nou duidelik dat "I took the one less traveled by." Ek het wel aanhou draf met die hoop dat die pad êrens sal uitkom, inteendeel, al verskil wat hierdie pad gemaak het is dat ek 'n ekstra twee kilometer moes draf op 'n modderige plaaspadjie. In 'n drafsessie, is dit makliker om die eerste weg wat klaarblyklik in die gedig verlore is weer te vind. Ek dink nie Robert Frost het gehoop dat hierdie gedig van hom so letterlik opgeneem sou word nie, maar nou ja. Die pad wat ek toe op die ou einde geneem het was pragtig en dit is seker al wat saak maak.
Toe ek by die huis aankom het ons gou geëet en toe was ek, die oom en die tannie weer in die motor. Vandag was die uitstappie na Hannover om bietjie sport te gaan kyk, maar nie net enige sport nie - Rugby. Vir een of ander rede wil dit voorkom asof Hannover die Rugby hoofstad van Duitsland is. Daar is agt rugby klubs in Hannover. Ons het hier vir een van die klubs Hannover 78 (tans derde in die Noord Bundesliga se eerste Liga) teen Hamburger RC (wat die agste en laaste plek op die ranglys beklee). Dit was ongelooflik interessant om Rugby in Duitsland, saam Duitsers, gespeel deur Duitsers te kyk. Ek het elke keer as daar 'n Duitse lynstaan roep of 'n skree van "Ball ist raus" skelmpies geglimlag, want op 'n manier klink dit net eenvoudig nie reg nie. Wat my wel baie verbaas het is die tipe rugby wat hul gespeel het. Ek het gegaan met die denke dat dit Europese rugby sal wees, dus dat die bal baie geskop sal word. Ek is egter aangenaam verras deur die fisiese hardloop-rugby wat gespeel is. Hannover het weggestap met 'n weghol oorwinning en ek met 'n positiewe beeld van Duitse rugby.
Na die rugby het ons 'n draai gaan maak by 'n binneshuise hokkietoernooi op dieselfde gronde. Dit was 'n o/16 toernooi, en die eerste keer wat ek hokkie hier sien. Ek het weer begin jeuk om te speel, want die Duitsers mag maar. Die hokkie was baie vinnig, maar soos met die rugby ook vind ek dit baie moeilik om te vergelyk met diè wat ek ken. Terug by die huis was ons net betyds om die afskop van die rugbywêreldbekerfinaal te sien. My Duitse familie hier het dit saam gekyk, hulle geniet ook die rugby, alhoewel ons nie almal vir dieselfde redes kyk nie (die tannie fokus in diepte op Nieu-Seeland se mans)
'n Lekker dag, in 'n minder vreemde plek.
Na die rugby het ons 'n draai gaan maak by 'n binneshuise hokkietoernooi op dieselfde gronde. Dit was 'n o/16 toernooi, en die eerste keer wat ek hokkie hier sien. Ek het weer begin jeuk om te speel, want die Duitsers mag maar. Die hokkie was baie vinnig, maar soos met die rugby ook vind ek dit baie moeilik om te vergelyk met diè wat ek ken. Terug by die huis was ons net betyds om die afskop van die rugbywêreldbekerfinaal te sien. My Duitse familie hier het dit saam gekyk, hulle geniet ook die rugby, alhoewel ons nie almal vir dieselfde redes kyk nie (die tannie fokus in diepte op Nieu-Seeland se mans)
'n Lekker dag, in 'n minder vreemde plek.
No comments:
Post a Comment